Wortelboommoeras

Kaart van wortelboom verspreiding.

Wortelboommoerasse of mangliete is moerasse met 'n kenmerkende woudagtige plantegroei wat in riviermondings langs tropiese en subtropiese kuste aangetref word. Die vernaamste plantegroei van hierdie moerasse is bome met spesiale bogrondse wortels waardeur hulle asemhaal, bestand is teen water met 'n hoë soutgehalte en as wortelbome bekend staan. 'n Groot verskeidenheid van diere word in hierdie moerasse aangetref.

Op die meeste plekke langs tropiese en subtropiese kuste waar varswater in die see vloei, is kleiner of groter modderbanke aanwesig waarop gespesialiseerde plantegroei aangetref word. Van die see na die binneland wissel die water van heeltemal sout tot heeltemal vars, en die soutgehalte van elke punt varieer daagliks nog met die gety. Omdat wortelbome die vernaamste plantsoort is wat in hierdie moerasse voorkom, staan hulle bekend as wortelboommoerasse. Wortelbome is die enigste houterige halofiete.[1]

  1. Moslem Sharifinia, Moslem Daliri, Ehsan Kamrani (2019). Chapter 4 - Estuaries and Coastal Zones in the Northern Persian Gulf (Iran); in: Coasts and Estuaries. Elsevier. pp. 57–68. doi:10.1016/B978-0-12-814003-1.00004-6. ISBN 9780128140031.{{cite book}}: AS1-onderhoud: gebruik authors-parameter (link)

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne